Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Besoekers stroom na gewilde Kersiefees
Die kersie is op die koek. Heelwat mense het reeds gister na die gewilde Kersiefees op die dorp gestroom.
Spotprent
Kry jou daagliks spotprent hier.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

 
Hier loop nog net spoke
Langs die tweespoorstraatjie, naaste aan die spruit waarna Waterkloof vernoem is, staan ’n ry kerkhofsipresse.

Dít maak dié kunstenaar se lewe die moeite werd
Sy staan daar met haar blikhandsakkie en die blikhoedjie op haar kop. Daar is blikblomme op haar hoed en vars Barberton-daisies in haar handsak.

Meer oor Waterkloof
Hoe kom ek daar? Waterkloof was op die hoofpad tussen Johannesburg en Kaapstad voordat die N1 gebou is. Draai by Trompsburg van die N1 en volg die stil R717-teerpad oor Philippolis na Colesberg. Waterkloof is sowat 20 km noord van die Oranjerivier.

Tuinklub hou kompetisies
Die dorp se Huis-en-tuin-tuinbouklub het onlangs sy eerste Kannabos-en-kandelare-roosskou gehou ongeag die knellende droogte.

Tussen stasies lê dië spore
Veraf klink die fluit van ’n aankomende trein op. Op die stasieperron staan mense opgewonde nader. Vir sommige wag ’n reis ver-ver weg na ’n heerlike vakansie.

Bestuur kies nuwe lede
Drie nuwelinge is gekies op die uitvoerende bestuur van Klub Griekwas, die Griekwaland-Wesse rugby-ondersteunersklub, op sy jaarvergadering wat Vrydagaand hier gehou is.

Kolhou op 12de putjie ’n eerste vir Naudé
Die lekkerste geskenk wat ’n gholfspeler aan homself kan gee, is ’n kolhou hier kort voor die feestyd. Dit is wat Luther Naudé die afgelope naweek op Zastron se baan gedoen het.

Toe het jy vir liefde van spel
Jy het rugby en krieket gespeel vir die klub wat die naaste aan jou was, want die manne het toe nog nie met blink motors by die oefeninge opgedaag nie en daar was nie veel tyd om te oefen tussen die laaste daglig totdat die donkerte toegeslaan het nie.

MIV-projek ’n groot sukses
Die gesondheidsentrum op Griekwastad het sy gewig by die nasionale MIV/vigs-bewusmakingsweek ingegooi en het hard gewerk om die doelwit te bereik om 100 mans tussen 25 en 30 oud te motiveer om hul gratis te laat toets en so bewus te wees van hul MIV/vigs-status.

Kersieprodusente staan saam
Die kersiebedryf in Suid-Afrika word deur die Suid-Afrikaanse Kersieprodusentevereniging wat in 2001 gestig is, verteenwoordig.

Die land van melk en vere
Hoewel ons aanvanklik die groot, wit gans langs die pad misgekyk het, kan ’n mens hom nie eintlik mis nie. Toe ons eindelik op die plaas Uitkyk van mnr. Reuter en mev. Anneke Sorour stilhou, is dit langs ’n kamp met ’n menigte klein gansies.

Kom vier fees met ’n paar kersies
Die 41ste Kersiefees word van 20 tot 23 November op die dorp gehou met vermaak vir die hele gesin. Weens die voortslepende droogte is daar feitlik geen perske-oes in die omgewing nie en is die kersie-oes ook nie wat dit moet wees nie.




Die Suid-Vrystaatse nedersetting Waterkloof het oor die jare heen gekwyn tot 'n spookdorpie. Daarom is hier al telkens 'n amptelike spookjagtog gehou tydens die jaarlikse Witblitsfees op die buurdorp Philippolis. Maar volgens oorlewering het bonatuurlike dinge hier gebeur selfs in die dae toe Waterkloof vooruit gegaan het, het 'n inwoner, wyle tant Hester van Kopenhagen, graag vertel.
Foto: JENS FRIIS


KXP hou waarderingsgeleentheid
Die Khula-Xhariep-vennootskap (KXP) het onlangs ’n waarderingsgeleentheid vir alle belanghebbendes aangebied.

Rolbalpresteerders vereer
Die Suid-Vrystaatse Rolbalvereniging het sy presteerders van die afgelope jaar op ’n spoggeleentheid by die Orangia-rolbalklub vereer.

Sokker met toernooi bevorder
Eerskomende Saterdag en Sondag word die Ofm Smithfield Mufulatsepe-sokkertoernooi op Smithfield aangebied ter ontwikkeling van die sportsoort op die platteland.

GWK se bydrae onskatbaar
Die GWK-landboumaatskappy het die afgelope boekjaar baie vermag om die omgewing se gemeenskappe en nuweling-boere te ondersteun en op te hef. Meer as ’n miljoen rand is aan maatskaplik verantwoordelikheids- en gemeenskapsprogramme bestee.

Veelsydige kersie betower
Wanneer iemand iets van kersies gesê het toe ek ’n kind was, het dit na een van twee dinge verwys – die kersies op die koek wat doodgeblaas moet word of die glanskersies waarmee die koek versier is.

Altyd plek vir nog een
Ná jare se gewag is daar eindelik ’n nuwe taxi-staanplek op De Aar geopen. Volgens mnr. Lwando Mahlasela, woordvoerder vir die departement van vervoer, paaie en openbare werke in die Noord-Kaap, moes taxi’s tot onlangs op die parkeerterrein van ’n plaaslike supermark stop.

Organies beter vir ’n mens
Organiese boerdery is Reuter Sorour se passie. Hy vertel hy het jare gelede reeds besef die gewone manier van doen is nie altyd die beste vir die grond óf die mens nie.

Kimberley-man ’n legende
Eric Gossmann is een van Griekwaland-Wes se sportlegendes en het veral as administrateur diep spore getrap. Hierdie bekende 76-jarige Kimberliet het deur die jare as speler en administrateur in verskeie sportsoorte heelwat vermag.

Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer